By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vicky Hoek oudiologie

Vicky Hoek is ‘n oudioloog in die Gariep MediClinic in MacDougall straat, Kimberley.

Oudiologie is die studie van alle soorte gehoorafwykings en veral, die impak daarvan op kommunikasie.

Oudioloë is betrokke by die identifikasie, evaluasie, diagnose en hantering van gehoorafwykings. Hulle kan die omvang, tipe probleem en die graad daarvan bepaal, by babas, kinders en volwassenes.

Al die resultate word verwerk en op grond van die ontleding van die resultate, word aanbevelings gemaak oor alle moontlike hanterings van die probleem en rehabilitasie opsies word deeglik met elke pasiënt bespreek.

In oudiologie is ‘n langtermynverhouding met die pasiënt en opvolgondersoeke van uiterste belang. Binne die konteks van elke individu se behoeftes word daar vir hulle ‘n nuwe wêreld geskep waarin hulle optimaal kan kommunikeer.
Kontaknommer:053 838 0460
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site