By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wired for Fun

Dr. Alfred Dippenaar en die Wired for Fun-ortodonsiepraktyk is reeds vir meer as 13 jaar in Potchefstroom en Klerksdorp en streef deurlopend daarna om die vertrekpunt van die praktyk uit te leef:  “Creating Smiles that Change Lives.”  

Onder leiding van Dr Dippenaar (die enigste spesialis ortodontis in die omgewing) praktiseer die span met ‘n “Have Fun , Smile”-benadering!:

Ortodonsie word tereg beskryf as: “Part Science, Part Engineering, Part Art.”  Dis natuurlik baie meer as reguit tande teen skewe tande.  Ortodonsie het die optimale funksionering van tande, met langtermyn mondgesondheid ten doel”

Nuwe pasiënte word klinies deur Dr Dippenaar ondersoek en ‘n diagnose en behandelingsbeplanning word gedoen aan die hand van verskeie rekords (foto’s x-strale en studiemodelle) wat van die pasiënt geneem word.  Volledige bespreking van die voorgestelde behandelingsplan verseker dat pasiënte ten volle ingelig is oor behandelingsopsies, uitkomste en die koste daaraan verbonde. 

Behandeling by die Wired for Fun praktyk word gedoen deur Dr. Dippenaar en sy kliniese span van Universiteits-opgeleide mondhigiëniste. 
Adres:Potchefstroom
Kontaknommer:018 462 8880
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site