By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Zoutpansberg Privaathospitaal

Zoutpansberg Privaathospitaal op Louis Trichardt  is ‘n 32-bed hospitaal met een teater, wat ‘n verskeidenheid gesondheidsorgdienste teen bekostigbare pryse bied. 

Die hospitaal beskik oor 32 beddens, ‘n dag-, kraam- , chirurgiese, mediese, pediatriese afdeling en noodprosedure-area. 

Dis ‘n heeltemal onafhanklike hospitaal wat ondersteun word deur die National Hospital- netwerk; die meeste mediese fondse se pasiënte kan opgeneem en behandel word. 

As die enigste privaathospitaal vir akute sorg noord van Polokwane, voorsien hulle vriendelike, eerbare en onbaatsugtige sorg aan ‘n groot en diverse gemeenskap. 

Algemene praktisyns vorm deel van die dokterskorps, terwyl kliniek- en teaterdienste ook deur besoekende spesialiste en aanvullende mediese beroepe behartig word. 

Zoutpansberg Privaathospitaal bedien die gemeenskap volgens hul visie van ‘WE DARE TO CARE’ en hul missie ‘With You Every Step Of the Way’. 
Kontaknommer:015 516 0720
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site