By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ballooning Namibia

Namibië is een van die mooiste lande in die wêreld en seker die beste manier om hierdie beeldskone landskappe te ervaar, is met ‘n warmlugballon.

Martin Lofty-Eaton en sy balonne is gestasioneer in Swakopmund, maar hulle sal jou laat ballonvlieg waar jy graag sou wou – oor die duine, by die Brandberg of by die Spitzkoppe in die Erongo streek.

Omdat vroegoggende nou maar net die beste tyd vir ballonvlieg is, sluit die vlugte ook ‘n vyfster sjampanje-ontbyt in..

Vir veilige ballonritte oor asemrowende landskappe, kontak hulle gerus – dis herinneringe vir die res van jou lewe.
Kontaknommer:+264 81 835 0827
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site