By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bona Dea Private Estate

Bona Dea Private Estate, net 90 minute uit Kaapstad,  is ‘n wêreldklas bruilof- en konferensie-oord op ‘n orgidie- en proteaplaas naby Hermanus. 

Die skilderagtige uitsigte, natuurlike waterkenmerke en ongerepte tuinterrasse maak van dié luukse lokaal ‘n ideale plek vir ‘n romantiese bruilof.  

Saans kan die tuin met twintig duisend skitterende feëliggies versier word om ‘n magiese ambiance aan die lowergroen omgewing toe te voeg. 

Die ruim danssaal akkommodeer tot ‘n honderd en sestig gaste. En terwyl die boomryke terras gewild is vir seremonies, is daar ook ‘n kapel beskikbaar op laer grondvlak. 

Die Dendrobium Venue Complex en alle fasiliteite is vir die eksklusiewe gebruik van besprekings deur Bona Dea Private Estate. 
Kontaknommer:082 4500 874
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site