By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Helen Harder Stigting

Die Helen Harder Stigting se doelwitte is om finansiële bystand te verleen, inspirasie, konkrete advies en ondersteuning te bied, vir vroue onder 40 wat gediagnoseer is met borskanker en in nood is. Ook om voortdurend die bewustheid van borskanker te verhoog.

Hulle werk op verskeie gebiede:
- Hulle versprei 'Hoop-Pakkies’ – dis troetel geskenkpakkies om vroue wat sukkel met borskanker nog mooi te laat voel en te pamperlang.
- Hulle samel fondse in vir diegene wat finansiële hulp met die betaling van hul nasorg nodig het.
- Hulle moedig alle jong vroue aan om gereeld vir borsondersoeke te gaan, maak nie saak hoe oud hulle is nie.
- Hulle neem deel aan sportbyeenkomste regoor die wêreld om borskankerbewustheid te help verhoog.
- en hulle verskaf nuttige artikels en inligting oor die diagnose en behandeling van borskanker op hulle webtuiste en Facebook bladsye.

Ondersteun die Helen Harder Stigting deur hulle webtuiste en Facebook blad te besoek. 
Kontaknommer:078 051 2037
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site