By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

NP Sporthorses Equestrian Academy

Die internasionaal bekende perdespringer, Neriské Prinsloo, het die ‘Nova Vida Ranch’ buite Middelburg gekoop en is besig om 'n wêreldklas perdesport skougronde en Ruitersakademie van internasionale standaard hier op te rig.   Daar sal ook ‘n Professionele perde rehabilitasiesentrum en fasaliteite wees waar funksies, seminare en troues gehou kan word.

By die ‘NP Sporthorses Equestrian Academy’ rig Neriské perde, ruiters en staljongens af, in alle aspekte van die sport. Haar vooruitsig is om 'n top-Mpumalanga-span en Suid-Afrika jong-ruiterspan te ontwikkel, om nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal deel te neem.

NP Sporthorses beoog ook ‘n ontwikkelingsprogram vir talentvolle jeug uit benadeelde gemeenskappe en by die akademie sal studente afgerig word tot op die hoogste vlak van die sport.
Kontaknommer:082 855 1601
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site