By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Nashua Middelburg Old Boys

Nashua Middelburg Old Boys het as 'n organisasie begin in 2014, toe twee ou rugbyspelers van Middelburg Hoërskool en Hoër Tegniese Skool Middelburg, besluit het om 'n rugbywedstryd tussen hierdie ou vyande te reël.

Vandag is die Nashua Middelburg Old Boys 'n gemeenskaps-organisasie wat kinders in Middelburg reeds gehelp het met ‘n bydrae van nagenoeg R1, 200 000 vir lewensveranderende mediese rekeninge.

Spelers kom van vêr af om hulle lywe op die spel te plaas om sodoende fondse in te samel vir dié belangrike doel en het reeds in 5 toernooie die beker gelig.

Nashua Middelburg Old Boys wil graag al die borge en weldoeners bedank wat ‘n bydrae tot hierdie waardige saak gelewer het en sal graag enige ondersteuning vir toekomstige projekte verwelkom.

Nashua Middelburg Old Boys – hulle maak 'n verskil met lekker ‘Old Boy's’ Rugby.
Kontaknommer:Nashua Mpumalanga: 013 249 8800 en Nashua Old Boys: 076 145 2507
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site