By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Oxbow Country Estate

Oxbow Country Estate is buite Bronkhorstspruit langs die Osspruitrivier geleë, net 40 minute van Pretoria, Witbank en Benoni af. Oxbow is die ideale landelike oord vir gesinne, vriende en individue wat ‘n spesiale geleentheid op ‘n spesiale plek wil vier. 

Die Landgoed beskik oor puik bruilof-, funksie- , vergaderings- en konferensiegeriewe.  Oxbow voorsien ook winskoop middel-van-die week verblyf in hul Country House, spesifiek ontwerp vir senior gaste ouer as 60 jaar, en in die winter word kunsvlieghengel op sy foreldamme aangebied. 

Sy skilderagtige natuurskoon, ongeëwenaarde uitsig oor die Osspruitmere, vars Hoëveldse lug en rustige landelike atmosfeer plaas Oxbow in ‘n klas van sy eie. 

Gaste geniet gerief uit die boonste rakke, plus topklas  cuisine en persoonlike diens, of dit nou vir ‘n bruilof, funksie, visvang of middel-van-die-week-besoek is. 

Voeg daarby toegewyde personeel wat gaste op die hande dra, en dis geen wonder dat Oxbow Country Estate ‘n skitterende reputasie verwerf het nie. 
Adres:Bronkhorstspruit
Kontaknommer:0861 269 269
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site