By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Soli-Deo Venue

Soli-Deo Venue op Carletonville is ‘n ideale lokaal vir bruilofte, konferensies, funksies, partytjies en babapartytjies. Soli-Deo verhuur ook ‘n verskeidenheid funksie-items soos tafels en stoele.

Soli-Deo is sentraal op Carletonville geleë binne ‘n gerieflike afstand van gastehuise en winkelsentrums.

Die atmosfeerryke Soli-Deo beskik oor ‘n wittebroods-suite vir troues en ‘n gazebo-kapel in ‘n pragtige tuin met ‘n patio.

Sitplek vir drie-honderd mense, al die standaard korporatiewe fasiliteite en ‘n rustige atmosfeer maak Soli-Deo ideaal vir vergaderings, konferensies en voorleggings.

Die eksklusiewe dekor en unieke drapering word by die prys van die huur ingesluit.

Geen funksie is te klein of te groot vir Soli-Deo nie! Die eienaars waarborg vriendelike, professionele diens en aandag aan elke detail.
Kontaknommer:072 389 4317
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site