Sjokolade, Heuning- en Neutsirkels
Bestanddele:
4 k sterk witbroodmeel
2.5 ml fyngemaalde kaneel
50 g ongesoute botter, in klein stukkies gesny
50 g strooisuiker
1 sakkie droë gis
1 eiergeel
120 ml water
60 ml melk
45 ml heuning
45 ml First Choice ‘caramel dessert topping’
Vulsel:
40 g ongesoute botter, gesmelt
4 E gladde maaskaas
50 g ligte muscovado (bruin) suiker
175 g donker sjokoladeskyfies
75 g gekapte neute (2 soorte van jou keuse)
Metode:
Smeer 'n diep 23 cm pan. Sif die meel en kaneel in 'n bak en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
Roer die suiker en gis by. In 'n beker of bak, klits die eiergeel met die water en melk, en roer geleidelik by die droë bestanddele, met 'n rondelemmes, om 'n sagte deeg te maak.
Knie die deeg op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is tot glad en rol dan uit tot 'n reghoek van ongeveer 40 x 30 cm.
Vir die vulsel, smeer die deeg oral oor met die gesmelte botter en maaskaas en sprinkel eweredig met die suiker, sjokolade en gekapte neute.
Rol die deeg van een lang kant af op en sny in 12 skywe. Pak naby mekaar in die pan met hulle snykante na bo. Bedek en laat staan op 'n warm plek vir ongeveer 1½ uur tot goed uitgerys en veerkragtig.
Voorverhit die oond tot 220 grade.
Bak vir 30-35 minute tot goudbruin. Haal uit die pan en laat afkoel op 'n draadrak.
Smeer met heuning en ‘caramel dessert topping’ terwyl dit nog warm is. Trek sirkels uitmekaar om te bedien.