By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Drie Tapas op ‘n bord

Drie Tapas op ‘n bord

Oond/ Plaat Temperatuur: Medium tot Hoog
Aantal Porsies: 6 mense

Bestanddele:
Maalvleis-balletjies:
300 g maalvleis
½ ui, fyn gekap
Sout & peper
1 E blatjang
1 E Worcestersous 
2 E Jimmy-sous, bygevoeg tydens braai
First Choice olyfolie vir braai in pan (Kan ook in oond gaargemaak word)
First Choice dubbel gewone jogurt
2 E pietersielie, fyn gekap

Metode:
Neem die maalvleis, voeg sout, peper, gekapte ui, blatjang en Worcestersous bymekaar en meng goed. Vorm klein balletjies, ongeveer teelepel hoeveelheid. Plaas die balletjies in pan en braai of jy kan dit ook in die oond bak op 180 grade vir ongeveer 8-10 min. Smeer die Jimmys-sous net voor opdiening oor vir ekstra kleur en smaak. Garneer met opgkapte pietersielie en gewone joghurt.

Peerstokkies:
2 Sagte en ryp pere in blokkies gesny (gebruik suurlemoen sodat die peer nie bruin verkleur)
Groot en vars roketblare
Brie-kaas in blokkies gesny
Bamboesstokkies
Balsamiese glaseersel
Neute om oor te sprinkel

Metode: 
Ryg al die bestanddele op jou stokkie, plaas op die bord en garneer met neute en balsamiese glaseersel. 

Oranje Soetpatat-happie:

2-3 Oranje soetpatats in sirkels gesny (vooraf sag gekook, maar steeds ferm)
Gladde maaskaas
1 Peer, in dun repies gesny (gebruik suurlemoen sodat die peer nie bruin verkleur)
Vars tiemieblare
Vars neute

Sous vir soetpatat:
1 vars en sagte peer, geskil en in blokkies gesny
60 - 80 ml olyfolie
30 ml heuning
Sout & peper na smaak
2-3 Vars tiemietakkies met blare
2 E botter
Paar ekstra tiemietakkies vir garnering

Metode:
Neem die bestanddele hier bo en sit in ‘n maatbeker, gebruik jou verpulper en verpulp tot ‘n gladde tekstuur. Gooi of kwas dit oor jou soetpatats wat op ‘n oondbakplaat geplaas is. Bak in die oond op 180-200 grade vir 10-15 minute of tot goudbruin.

Neem die afgekoelde soetpatats en plaas die maaskaas en peerskuifies bo-op, garneer met neute en tiemieblare. Jy kan van die oorblywende sous oor die patats gooi, asook swartpeper.

Dien op.
Copyright © Ontbytsake 2022 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions