By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fliektyd: 28 Mei 2022

Die liefde is darem onvoorspelbaar. Dit klits jou om as jy dit die minste verwag. Dis wat jong leerders op skool in die pragtige HEARTSTOPPER ontdek. Maar sal die res van die skool dit toelaat?

Hulle hormone sit op loop. Daar is geen keer as skoenlappers hulle kielie nie. In HEART-STOPPER raak 2 leerders verlief. Dis verbode. Anders as in bevooroordeelde Amerikaanse reekse, baklei hierdie Britte hard. Die verhouding ontvou normaal, en vier liefde sonder vooroordeel. Dis wêreldwyd ‘n sensasie. Heartstopper vier jong liefde uitdagend... Hou hart, hou! Op Netflix.

En daar doen hy dit wraggies. Tom Gun. Het ek gesê Tom Gun? Ja! Want hierdie wapen van ‘n ster, Tom Cruise, het met TOP GUN: MAVERICK ‘n briljante aksiefilm gemaak wat teaters gaan red!

Woeste aksie, vegvliegtuie, koel ouens, ‘n goeie storie, lywe, uraanwapens, mooi meisies, rugby-balle. Dis alles in TOP GUN: MAVERICK - die beste aksiefilm van die jaar. Gryp jou beursie en kyk hoe Tom Cruise sy span oplei om vliegtuie as wapens te gebruik. Daardie vliegtuigtonele maak jou duiselig. Ongelooflik. Slegs in fliekteaters en Imax. Top Gun: Maverick.

Volgende week ‘n romantiese komedie: A PERFECT PAIRING en Disney+ se MOON KNIGHT. Mag jou week saam met Top Gun vlieg... tot ons weer ontmoet.
Copyright © Ontbytsake 2022 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions