By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Alberton Steel And Pipe

Alberton Steel And Pipe of kortom ASAP sinspeel juis op die Engelse akroniem – “As soon as possible” met hulle strewe na flink diens en afleweringstyd binne 6 ure in die Gauteng en Vereeniging area.

Vandag bestaan ASAP uit die hoofkantoor in Alberton en 2 “Express”-takke in Vanderbijlpark en Roodepoort.

Hulle is ‘n staal en staalverwante produkte handelaar en verskaf aan die publiek sowel as ingenieurs en konstruksie-besighede. Hulle dienssentrum is uitgebrei en kan CNC Laser en plasma snywerk akkommodeer asook CNC presiese buigwerk op plate. 

ASAP versprei ook verskeie heining-produkte soos palisade en deursigtige heinings.

Die deurry fasiliteit is daar vir vinnige oplaai van produkte en hulle dra nie net groot tonnemaat staal in die pakhuis nie, maar besit ook ‘n groot infrastruktuur om minder populêre produkte te voorsien op aanvraag. Saam met hulle aanlynwinkel skep al hierdie dienste ‘n eenstop-winkel vir klante. 

Alberton Steel And Pipe - Vinnige, vriendelike en aanpasbare oplossings vir kliënte deur ‘n baie bekwame verkoopspan.
Kontaknommer:011 907 6620
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site