By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Awerbuchs

Awerbuchs is een van Bloemfontein se oudste ondernemings. Die besigheid is in 1901 gestig en is al meer as 'n eeu lank aan die gang.

Hulle voorsien hoofsaaklik klere van klein tot groot asook werkersklere, sodat jou span dieselfde kan lyk. Alles is net die beste kwaliteit en kliënte kry dit teen die beste pryse, by personeel wat meer as vier honderd jaar se opgeboude kennis agter hulle blad het.

Buiten die beste pryse vir top kwaliteit produkte het Awerbuchs altyd ekstra voorraad en jy sal nooit hoef te wag vir jou benodigthede nie. 

Kliëntediens was nog altyd een van die hoekstene waarop Awerbuchs gebou is en sal altyd een van die grootste elemente in die onderneming wees.

Awerbuchs is in Bloempark sentrum, Langenhovenpark, maar jy kan hulle ook aanlyn besoek en al jou aankope met die kliek van ‘n knoppie bestel. 
Kontaknommer:051 447 9097
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site