BZM Construction
BZM Construction in Betlehem doen sedert 2005 al basiese konstruksiewerk en die oprigting van staalstrukture. Hulle voorsien net die beste kwaliteit produkte, laat doen die nodige ingenieursplanne, en werk presies volgens kliënte se behoeftes en spesifikasies.
Buiten groot konstruksiewerk doen BZM ook net die beste CNC Plasma snywerk en metaal buigwerk. Hulle maak ook vlekvrye staal kompakte opvoubraaiers - perfek vir buite-lewe mense.
BZM het beslis gegroei van 'n nederige begin tot nou. Dis moontlik gemaak deur goeie bestuur, hulle kliënte, verskaffers en vriendelike en hulpvaardige personeel.
Met direkte betrokkenheid van die Eienaars self lewer hulle ook net die beste naverkope-diens op al hulle projekte en werk.
BZM Construction – Staalkonstruksie en snywerk uit die boonste rakke.