By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Baxters Bark & Breakfast

Baxters Bark & Breakfast, ‘n luukse boetiekhotel vir troeteldiere op Midvaal in Gauteng, bied jou viervoet-vriende die allerbeste vyfster-verblyf.

Baxters fokus spesifiek op klein- tot mediumgrootte hondjies – en alle kieties - wat binnenshuis woon, aan die gesinslewe gewoond is en op die bed slaap. Uitsonderings word gemaak vir groter honde wat baie geheg is aan ‘n kleiner een.

Elke ruim Brakkiekamer kan vir spesifieke behoeftes aangepas word, en elke kothuis het ‘n stoep en ‘n omheinde privaattuin wat beide son en skadu bied.

Elke Kietie-kothuis het ‘n boomstomp om te krap, en is heeltemal beveilig om Kietie binne te hou.

Die Hotel het ‘n huiskneg, Morris, en ‘n sorgdienshond, Annie, wat gaste vertroos en gerusstel indien nodig.

Ontbyt en Aandete word om 8 vm en om half-vyf bedien, en gaste kry twee maal per dag ‘n lekkerny.

Baxters bedien die hoogste gehalte beskuitjies, terwyl vars voorbereide etes van groente met hoender of beesvleis ook beskikbaar is.

Die Hotel neem brakkies in vir langtermyn-verblyf en het al saam met dierereis-agentskappe gewerk om te verseker dat gaste hul internasionale bestemmings veilig bereik.

Ouer diere met gesondheidsprobleme, dié wat chroniese medikasie neem, jongeres ouer as 8 weke, en mammas wat babas voed, is almal welkom. So ook Diabetiese diere, want Baxters is ervare in die toediening van insulien-inspuitings.

Elke brakkie kom 3  x per dag in die tuin terwyl hulle suites opgeruim word, en kan dan na hartelus baljaar, met volle toegang tot die swembad.

Ouers word daagliks deur middel van foto’s of video’s op hoogte gehou, en Baxters het ‘n Veearts wat 24/7 op bystanddiens is.

Deoné, uitvoerende hoof van Baxters, is die enigste persoon wat aan die diertjies mag raak; geen-een van hulle mag die terrein verlaat sonder die eksplisiete toestemming van die Veearts nie.
Kontaknommer:061 205 8170
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site