C3 Technologies
C3 Technologies in Parow, vier hierdie jaar hulle 10de bestaansjaar. Onder leiding van Charles du Plessis, ontwerp en vervaardig C3 elektroniese produkte vir kliënte regoor Suid-Afrika, en ons buurlande.
C3 se produkreeks sluit in Laespanning elektriese verspreidingsborde vir gebruik in hospitale, winkelsentrums, kantoor- en woonstelgeboue asook outomatiese kragopwekker-omskakelingspanele; Krag faktor korreksiepanele; Fotovoltaïese Verspreidingsborde vir gebruik by sonkraginstallasies en selfs Meter Kiosks.
Die bestuur is self betrokke in die hele proses, vanaf die ontwerp tot die beplanning van die aflewerings-skedules soos deur kliënte versoek. Met hulle bekwame personeel, verseker C3 dat aflewerings altyd, soos beloof, plaasvind
Hulle is voortdurend bereidwillig om te help en werk nougeset volgens hulle slagspreuk - “just say when”.
C3 Technologies – Mededingende pryse - Betroubare naverkope-diens.