Coimbra Cycle House
Coimbra Cycle House, gestig in Augustus 2000, is geleë in Yorkstraat, George, in die hartjie van die Tuinroete - 'n fietsryparadys op sigself.
Hulle verkoop 'n wye reeks fietse sowel as alle fietsryverwante toerusting - 'n reeks wat jy nêrens in die omtrek sal kry nie. Hulle het ook die beste reeks voedingsoorte vir uithousport-entoesiaste.
Coimbra is voorraadhouers van 'n wye reeks handelsmerke, insluitend Specialized, Signal, sowel as handelsmerke vir klere en toerusting soos Oakley, Wahoo, Garmin, Assos, Ciovita en ORCA.
Rygerief is vir hulle baie belangrik, en daarom doen hulle fietsopstellings deur die wêreldbekende Retül stelsel te gebruik. Hulle werktuigkundiges is goed toegerus om seker te maak jou fiets is altyd in ’n perfekte toestand.
Coimbra Cycle House – wanneer net die beste sal werk.