By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dinamika Finansiële Dienste

Die naam “Dinamika Finansiële Dienste”, dui op beweging en hulle volronde dienste sluit onder andere in – Beleggings; Lewensversekering; Boedels en Boedelbeplanning; Korttermynversekering; Testamente; Aftredes en Verskralingsadvies.

Dinamika dra sy kliënte se gemoedsrus op die hart. Ons lewe tans in die mees onsekere finansiële tyd sedert die dertigerjare van die vorige eeu en hulle besef kliënte kan baie bekommerd wees oor hulle finansiële posisie, veral persone wat afgetree is, óf baie na aan aftrede is.

Dinamika stel sy kliënte in staat om met gemoedsrus die onsekere finansiële toekoms in te gaan. Hulle bied ‘n omvattende pakket wat sal verseker dat die negatiewe wêreldekonomie so min as moontlik impak op jou finansiële status sal hê.

Dinamika Finansiële Dienste is ‘n Finansiële Dienste Raad goedgekeurde en geregistreerde Finansiële Dienste Verskaffer.

FSP Registrasienommer: 46494
Kontaknommer:086 184 6644
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site