Eridanus
Eridanus, is ‘n belleggingsmaatskappy wat die 12 J belastingvoordeel bied aan belastingbetalers deur blootstelling aan die Landbousektor. Dit beteken die volle belegging is aftrekbaar van jou belasbare inkomste. Eridanus se beleggingsbates lewer ‘n dividend van tussen 10 tot 13% per jaar.
Die Eridanus verskil is dat hulle hoofsaaklik in die landbousektor belê soos besproeiingsgraan en beeste, waar die kapitaal ongeveer elke 8 maande herwin word. Goed bestuurde Landbou lewer goeie opbrengskoerse jaarliks en as bonus, is bewys dat dit goed pandemie-bestand is.
Goeie nuus is dat Eridanus in Junie ‘n dividend van 12% vir die halfjaar verklaar en betaal het.
Eridanus skep waarde deur belegging in gevestigde en goed bestuurde landbou-entiteite.