By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Family Pet Centre

Family Pet Centre Fourways Crossing en Centurion Lifestyle Centre het hul winkels aangevul met die Family Pet Centre by Hazeldean Square in die Silver Lakes omgewing.

Family Pet Centre beskik oor alle benodighede vir enige tipe troeteldier, van visse, honde, katte en voëls tot reptiele sowel as kleiner diertjies. 

Hulle bied ‘n wye reeks gehalteprodukte en produktereekse van die wêreld se top-handelsname en hulle vriendelike personeel is opgelei om die beste advies te gee vir als wat jou troeteldier nodig het. 

Family Pet Centre bied ook die dienste van ‘n veearts by die Family Vet Kliniek in die winkel, met dieselfde ure as die winkel. 

By die Sorgsentrum kry alle soorte honde en katte voorkeur-behandeling, sewe dae per week. Bring gerus jou troeteldier of maak ‘n afspraak. Gesels met Ontvangs vir meer besonderhede. 

En terwyl jy vir jou troeteldier wag wat by die veearts is of wat ‘n hemelse behandeling by die Sorgsentrum geniet, kan jy die tyd verwyl met tee of koffie in hulle Deli waar heerlike versnaperings van  die wagtyd ‘n groot plesier maak. 

Die meeste Saterdae vind daar geleenthede  vir die hele gesin by Family Pet Centre plaas. Dis veral die kleinspan wat hierdie geleenthede geniet, waartydens hulle meer te wete kom oor troeteldiere. 

Vir meer inligting oor geleenthede kan jy Family Pet Centre gerus op sosiale media volg of op hulle nuusbrief inteken. 

Jou troeteldiere is natuurlik altyd welkom om saam met jou te kom inkopies doen, sodat almal deel word van die Family Pet Centre-familie. 

En onthou, Family Pet Centre het ‘n volledige aanlyn winkel wat enige plek in Suid Afrika aflewer; kyk aanlyn by familypetcentre.co.za
Kontaknommer:Centurion Lifestyle Centre: 012 764 1400 Fourways Crossing Retail Centre: 011 033 4646 Hazeldean Square: 010 013 2232
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site