By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hlatini Farm, Forest & Garden

Hlatini Farm, Forest & Garden in Sabie is verskaffers van professionele toerusting en diens aan die landbou-, bewaring- en bosbousektore, sowel as tuinbou-kontrakteurs.

Hlatini bied 'n wye verskeidenheid produkte aan, wat insluit, kettingsae, bossiekappers, grassnyers en tuingereedskap, smeermiddels, PPE- en veiligheidstoerusting, brandbestrydings-toerusting, spuit-toerusting, skoonmaak chemikalieë, olie-stortingsbeheer, kragopwekkers, blasers, waterpompe, lugkompressors, drukwassers en konstruksietoerusting. 

Hulle werkswinkels word ondersteun deur 'n groot voorraad onderdele en bestellings word met bekwaamheid hanteer.

Aflewerings word daagliks landwyd gedoen met hulle eie vervoer of met koerierdiens - selfs na buurstate tot in Tanzanië en Ghana. 

Hlatini – aangestelde handelaars en agente vir die meeste professionele handelsmerke.
Kontaknommer:013 764 2279
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site