Johan Venter Makelaars
Johan Venter Makelaars in Middelburg is ‘n onafhanklike korttermyn-makelary en het kontrakte met al die toonaangewende versekeraars in plek. Hulle is lid van die FIA asook ‘Masthead Compliance Services’.
Hulle lewer gespesialiseerde en uitstekende diens aan kliënte en bedien die volle spektrum van die individu tot groot kommersiële besighede met raad, advies, uitstekende kliëntediens en veral ondersteuning met eise.
Hulle nooi graag nuwe kliënte uit om van hulle dienste gebruik te maak met gratis kwotasies.
Johan Venter Makelaars voldoen aan al die wetlike en POPIA vereistes en elke kliënt se belange word beskerm en hul unieke behoeftes bevredig.