Jungheinrich
Jungheinrich tel onder die top drie intra-logistieke handelsmerke wêreldwyd. Om beide die kwaliteit en betroubaarheid van produkte en stelseloplossings te waarborg, bemeester hulle alle areas van intra-logistiek.
Van normale industriële vurkhysers tot volle outomatiese intralogistieke stelsels. Van goederevloei-ontledings, beplanning en bedryf tot opleiding, instandhouding en herstel.
Jungheinrich Suid-Afrika is in 2015 gestig. In 2021 het hulle meer as 18 000 werknemers gehelp om ‘n wêreldwye inkomste van 3,8 miljard Euro te behaal. Produkte word deur 40 direkte verspreidingsmaatskappye in Europa, Asië, Afrika, Australië en Suid-Amerika bemark.
Hulle is 'n direkte filiaal van Jungheinrich AG, Duitsland. Dit beteken volle ondersteuning van die hoofkantoor om net die beste diens aan die kliënt te kan lewer.
Jungheinrich – 'n Volledige intralogistieke diensverskaffer wat jou sal bystaan met volledige instandhoudingsplanne, vurkhyserdienste en herstelwerk - 24/7.