By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kolonnade Winkelsentrum

Kolonnade Winkelsentrum in Pretoria het as enkelvlak-sentrum in 1995 geopen en het die laaste 21 jaar met 7 addisionele fases uitgebrei tot op volle kapasiteit.

Dis ‘n streeks-winkelsentrum wat aan jonk en oud alles onder een dak bied. Hier is 150 winkels waarvan die meerderheid kragopwekkers het. Ook 1400 onderdak parkeerplekke asook 4900 gratis opelug parkerings en jou honger word vinnig gestil by enigeen van die 24 restaurante.

By die Inligtingstoonbank kan jy Kolonnade geskenkkaarte koop en hulle bied ook rolstoele vir kliënte wat dit benodig. Daar is ook geriewe vir permanente rolstoel-gebruikers, baba-voedingskamers en gesinstoilette.

Kolonnade Winkelsentrum – ‘n Veilige en ontspanne inkopie-ervaring wat alle COVID Protokolle handhaaf met vriendelike kliëntediens en sekuriteit.
Kontaknommer:012 548 1902
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site