Mitech
Mitech lewer produkte vir al die industrieë in Suid-Afrika. Wat in 1987 in ‘n garage in Kaya Sands begin het, bestaan vandag uit verkeie maatskappye onder die Mitech vaandel – Mitech self en dan Highveld Technical Services, PCT Engineering en FCE Technical Services.
Produkte word ingevoer uit verskeie lande, maar die produkte wat hulle self vervaardig is eg Suid-Afrikaans want hulle glo daarin om die plaaslike ekonomie te ondersteun. Die puik plaaslike produkte wat deur hulle eie ingenieurs ontwerp en vervaardig word, word dan ook self gediens en in stand gehou.
Mitech is trots op hulle kwaliteit produkte, pryse, afleweringstye en uitstaande na-verkope dienste..
Mitech is verbind tot 'n voortdurende verbetering in die ontwerp en produksie van sy produkte.
Mitech voer tans uit na Afrika, Europa, Suidoos-Asië, die Midde-Ooste, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Amerika.