By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

On Top Data

On Top Data lewer puik datadienste en seinverspreiding vanaf hierdie “highsite” - die hoogste in die omgewing met die beste ligging vir naby en vêr “line-of-site” bestemmings. Die toegangspad na die perseel is geteer en word gereeld in stand gehou.

Daar is 24/7 toegang tot die perseel. Die 5 kommunikasietorings is  versprei oor die hele berg, sodat plekke wat agter bergkoppies is, wel reikwydte het. Torings is dus nie oorbeset nie en het geen seinversteurings nie. 

Hier is Eskom-krag en die  bystands-kragopwekker wat outomaties aan- en afskakel, sorg dat daar nie kragonderbrekings plaasvind nie. Verskeie sisteme monitor die kragtoevoer. Alle torings is omhein met goeie alarmsisteme en kameras.  Hier is ook voltydse sekuriteitswagte met ‘n toegeruste beheerkamer en observasie oor die hele terrein.

Nuwe kliënte mag hulle netwerke vir die eerste maand gratis toets en gebruik, voordat hulle begin betaal. Jarelange, volgehoue diens en toegewyde bestuur van die perseel, het gesorg dat daar nog nooit ongelukkige kliënte was nie.

On Top Data – Puik fasiliteite teen billike tariewe –Hulle missie kan saamgevat word met die gesegde :  “DIE JOB MOET LOOP”!
Kontaknommer:083 700 8317
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site