By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Pirtek Witbank

Pirtek Witbank is een van 20 landswye takke van die wêreldwye Pirtekgroep. As die markleier in die vervaardiging en herstel van hidrouliese pype en stelsels, beskik Pirtek Witbank oor sewe mobiele hidrouliese eenhede, twee mobiele brandbestrydings-eenhede en satelliet-werkswinkels op steenkoolmyne in die Nkangala en Albert Luthuli-streke.

Pirtek se mobiele eenhede funksioneer as nood-werkswinkels wat die hidrouliese probleem op die kliënt se terrein oplos, herstel en toets. Satelliet werkswinkels op die myne voorsien hidrouliese pype en passtukke terwyl brandbestrydingstelsels direk by die kliënt gebou en gediens word.

Getrou aan sy leuse “We’ll keep you operating,” streef Pirtek daarna om kliënte so gou moontlik, op die veiligste manier, en met die heel beste produk-oplossings by te staan.

Pirtek lewer diens 24 uur per dag, 7 dae per week en 365 dae per jaar.
Kontaknommer:Witbank 24-uur hulplyn: 013 656 3131 & Carolina: 017 843 2346
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site