By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Plasmus Plastic Welding

By Plasmus Plastic Welding in Pretoria, sweis hulle letterlik plastiek – of jy nou ‘n plastiek onderdeel wil regmaak en of jy ‘n plastiek part wil laat maak – hulle doen dit vir jou. 

Plasmus werk nog altyd onder sterk waardes wat daarop gemik is om kliënte se behoeftes te oortref. Daarom gebruik hulle net hoogs geskoolde plastiek-sweisers en die beste kwaliteit ingevoerde produkte. 

In die komplekse omgewing van plastieksweiswerk, is hulle die tegnologie-leier wat gefokus is op 'n kliëntgesentreerde benadering.

Plasmus bedien verskeie nywerhede en het beproefde tegnologiese deurbrake verskaf met Fabriek- en laboratoriumfasiliteit vervaardiging en herstelwerk. Hulle maak suiwer plastiekonderdele vir die meganiese industrie en herstel onder meer dakluike; karavane; bote; wiel-asblikke; duik-toerusting; Jo-jo watertenks; huis toestelle en plastiese boerdery toerusting.

Plasmus Plastic Welding – Ja! Bring maar jou bad eendjie – hulle sal hom ook regmaak.
Kontaknommer:082 858 6676
Copyright © Ontbytsake 2022 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions