By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Pro Roof

Die Pro Roof Groep glo daarin om mense te bemagtig, verhoudings te bou en lewens te verbeter. Hulle streekkantore in Johannesburg, Kaapstad, Durban en Pretoria word bestuur deur 'n toegewyde span wat direk rapporteer terug om te verseker dat geen tyd verspil word om besluite te neem nie. Hulle vervaardigingstakke in Pretoria, Vereeniging, Meyerton, Parow en Blackheath in die Kaap vorm die kern van die groep.

SA Steel Mills in Meyerton, is die Pro Roof groep se beginpunt. Hier vervaardig hulle staal balette uit skrootmetaal en omskep die balette in ligte, medium en swaar, lang produkte. Lang produkte sluit items soos hoekyster, platstaaf, kanaal, IPE (Europese I -balke) en universele balke in.

Produkte van hoë gehalte word direk uit voorraad verskaf en kliënte hoef nie weke te wag vir produk nie. 'n Wye reeks produkte is beskikbaar via SA Steel Mills met die ondersteuning van die suster-ondernemings.

Pro Roof  Vereeniging vervaardig verskillende groottes vierkantige, ronde en reghoekige buise, asook dakplate, lipkanale, plate en velle, hoofsaaklik uit warm rolstaalspoel, maar ook in mindere mate koue rol- en gegalvaniseerde staalspoele. Kliënte is groothandelaars en kleinhandelaars en hulle kan al die nodige staalprodukte vir hulle bouvereistes hier kry.

Nes alle takke van Pro Roof oor die land, is die volle reeks produkte ook beskikbaar deur Pro Roof Vereeniging, met die ondersteuning van susterondernemings en hulle lewer ook produkte aan kliënte in naburige gebiede.
Kontaknommer:016 450 5800
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site