Sheldon & Prinsloo
Sheldon & Prinsloo in Louis Trichardt met ‘n takkantoor in Pretoria, het al 60 jaar gelede begin en is 'n rekenmeestersfirma wat volledige professionele dienste bied op gebiede van oudit, rekeningkunde, sekretariële en belastingdienste aan verskeie sake-entiteite.
Hulle is Geoktrooieerde Rekenmeesters en geregistreerde Ouditeure asook trotse lede van SAICA en IRBA.
Sheldon & Prinsloo streef om die beste diens te lewer en bly altyd op hoogte van enige verandering in alle betrokke wetgewings.
Met al die nuwe tegnologie aan boord, kan hulle enige kliënt diens, maak nie saak waar hulle is nie.
Tans het hulle kliënte in Phalaborwa, Lydenburg, Louis Trichardt, Musina en Pretoria.
Sheldon & Prinsloo – Hulle bied ook opleidingskontrakte aan studente. As jy deeltyds wil studeer, kan jy dit via hulle aanpak deur voltyds te werk en deeltyds te swot.