By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

TRANSVAAL GALVANISERS

TRANSVAAL GALVANISERS op Nigel voorsien beskerming teen die korrosie van metaal- en staalartikels deur middel van warm-versink-galvanisering.

In dié proses word die artikels in gesmelte sink gedompel, om ‘n metallurgiese verbinding tussen die artikel en die sink te skep wat puik korrosiebeskerming bied.

Transvaal Galvanisers bestuur die grootste galvaniserings-aanleg en die grootste sinkketel in Afrika, wat hulle in staat stel om groot artikels in ‘n enkele aksie te galvaniseer.

Hulle het die enigste fasiliteit in Suid-Afrika met ‘n atmosfeer-emissielisensie wat aan al die gesondheid- en veiligheidsvereistes voldoen.

Boonop maak hulle deels van son-energie-tegnologie gebruik, en is internasionaal gesertifiseer teen standaarde vir kwaliteit, gesondheid en veiligheid, en nasionaal vir galvanisering.

Met meer as 35 jaar ervaring in die galvanisering-bedryf, het Transvaal Galvanisers die kundigheid om aan elke klant se behoeftes en spesifikasies te voldoen, teen die kortste omsettyd.
Kontaknommer:011 814 1113/4
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site