By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Valley Containers

Valley Containers het sy deure in 2001 oopgemaak met ‘n nederige begin en groot aspirasies. Die onderneming het in Mosselbaai begin en het ‘n hoofkantoor in George ge-open. Tans het hulle takke in Mosselbaai, George, Port Elizabeth en Kimberley.

Hulle besigheid is die verhuring van vraghouers, die verhuur van hyskraan vragmotors en die verkope van vraghouers. Dan het hulle ook “Valley Storage” - 'n moderne selfstoor-fasiliteit wat 'n uitstekende diens bied aan die inwoners van die Tuinroete.

Integriteit, kliëntediens, sterk produkfokus, konsekwentheid en 'n uiters mededingende produkmengsel is die waardes wat die kern van die “Valley-ervaring” skep. Hulle is trots op die kwaliteit van die produkte wat hulle lewer en die pasmaak diens wat hulle bied.

Hulle produkreeks is wyd met vraghouers wat geskik is vir elke moontlike behoefte en hulle kliëntediens is altyd uit die boonste rakke.

Valley Containers – Kontak hulle vandag nog vir verkope, verhuring en ombouings.
Kontaknommer:086 187 8487
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site