By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vansan

Vansan South Africa is 'n grootmaat verskaffer van 'n verskeidenheid oppervlakpompe, dompelpompe, dreineringspompe, vertikale en horisontale multi-stadium pompe, boorgat toebehore, kolompype, plat waterpype en boorgatomhulsels.

By Vansan is persoonlike en volhoubare kliënteverhoudinge van uiterste belang. Hulle kliënte kry internasionale kundigheid gekoppel met plaaslike kennis en ervaring.

Hulle het 'n topklas werkswinkel in Rosslyn waar produkte gediens, herstel en pasgemaak word volgens die spesifieke behoeftes van hulle kliënte. Hulle glo in uitstekende kliëntediens waar oplossings eerder as alleenstaande produkte gebied word.

Vansan is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy en winste gaan nie na 'n korporatiewe hoofkantoor in Duitsland of China nie. Hulle glo in die sterk punte van plaaslike indiensneming en plaaslike kundigheid. 

Vansan – Die volumes produkte wat hulle lewer, kan nie maklik deur mededingers oortref word nie. 
Kontaknommer:012 819 1196
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site