By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Agri-Boost

Agri-Boost is 'n organiese bemestingformule en word van organies gesertifiseerde bloedmeel, beenmeel, kelp, organiese sure, mikro-elemente en grond organismes vervaardig. Die toediening geld vir grond- en blaarvoeding.

Alle organiese misstowwe het groot voordele, maar Agri-Boost bied veel meer as net die gewone. Die droë-vorm bloed in Agri-Boost is ongeveer 95% proteien en dus een van die hoogste bronne van organiese stikstof en koolstof. Die proteine in Agri-Boost kom voor in vrye L-aminosuur vorm wat direk beskikbaar is vir die plant deur die blare en wortels.

Die aminosure verhoog chlorofil, wat fotosintese en dan produksie van suikers en koolhidrate verhoog – met ander woorde - meer vrugte en sterker wortelstelsels. Die beenmeel in Agri-Boost is hoog in fosfate en kalsium en die kelp in die produk verskaf groeistimulante in die vorm van oksiene en sitokiniene.

Kry gesonder, sterk fotosinterende plante met stresweerstand en put sommer meer waarde uit jou chemiese kunsmis – met Agri-Boost.


Facebook: Agriboost - Ringdryer Specialist Distribution
Kontaknommer:Paul van Rooyen (Tegnies) - 071 370 7129 en Wessel Muller (Verkope) - 082 856 7120
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site