By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jones Masjiene

Jones Masjiene is van Suid-Afrika se voorste vervaardigers van veevoertoerusting. Hulle aanlegte word volgens kliënte se spesifieke behoeftes ontwerp om ‘n gehalte eindproduk te verseker. Gehalte en diens is die hoeksteen van die besigheid by Jones Masjiene, daarom kan jy seker wees dat jy meer as 'n kliënt is – hier word jy deel van die familie.

As voorste vervaardiger van voertoerusting in Afrika, is die keuse vanselfsprekend. Jones Masjiene is die voorkeurvervaardiger vir kliënte in Suid-Afrika asook die buiteland. Die onderneming is 22 jaar gelede deur Willie Jones begin, maar hulle wortels in die vervaardiging van voertoerusting loop al oor meer as 50 jaar.

As 'n spesialis in die veld bied Jones Masjiene gemoedsrus met nuwe idees aan al hulle kliënte - bestaande en nuut. Sommige masjiene in hulle katalogus is byvoorbeeld spaanmengers, rollerbrekers, stoomkokers, pilmasjiene, skroefvervoerders, bandvervoerders en boonskoonmakers.

Om produkte van topkwaliteit te lewer, gebruik Jones Masjiene slegs die beste en mees moderne tegnologie beskikbaar.  Hulle vervaardigingsproses is 90 % rekenaar-geoutomatiseerd. Dit alles om goedkoper te kan werk en produkte aan klante teen billike pryse te kan lewer.

Hulle help jou met die hele proses van die beplanning, ontwerp, vervaardiging en inwerkingstelling tot die opleiding vir die gebruik en onderhoud van jou droom-aanleg.  Hulle lewer ook puik naverkoopdiens - maak nie saak waar in die wêreld jy is nie.

Jones Masjiene – sentraal geleë in die veelbesproke plattelandse dorpie, Koster in Noordwes,  vanwaar kliënte binne en buite die land bedien word.
Kontaknommer:014 543 4889 / 083 627 6026
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site