By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

KW Pompe

KW POMPE op Groblersdal verskaf topgehalte produkte van vooraanstaande leweransiers aan die landbou en privaat sektor.

KW Pompe voorsien ‘n wye reeks pompe, waaronder boorgat-, druk-, dreinering- , kunsmis-, son- en swembadpompe.  Hulle verskaf ook ‘n groot verskeidenheid verwante toerusting en elektroniese komponente.

Met ‘n goed-toegeruste werkswinkel waar  pompe getoets en herstel word, en ‘n weeklikse vervoerdiens tussen Pretoria / Johannesburg en Groblersdal, lewer KW Pompe ‘n uitstekende diens aan sy kliente. Hulle beywer hulle om ‘n vinnige diens te lewer en produkte wat nie in voorraad is nie, binne die minimum wagtydperk te voorsien.

Meer as 30 jaar se tegniese agtergrond en ondervinding in die bedryf het KW Pompe toegerus met die vernuf om die korrekte applikasies voor te stel en sodoende water- en energiebesparing mee te bring.

Die eienaars van KW Pompe is op ‘n daaglikse basis betrokke by die werksaamhede van die besigheid en is altyd beskikbaar in noodgevalle.
Kontaknommer:013 591 0024
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site