By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Raw Feeds

Raw Feeds met hoofkantoor in Gauteng, is ‘n landwye maatskappy wat gehalte, doeltreffendheid en mededingende pryse bied in die verskaffing van kommoditeite vir veevoer-vervaardiging.

Raw Feeds se kernbesigheid is die voorsiening van roumateriaal aan suiwelboere, voerkrale, voermeulens en varkboerderye sowel as die vervaardigers van pluimveevoer en hondekos.

Met ‘n verskeidenheid laaipunte, lewer Raw Feeds regdeur Suid-Afrika af, in losmaat of sakke. Vragte van 25 tot 30 metrieke ton word direk op die plaas of perseel afgelaai.

Hulle toegewyde verkoopspersoneel reis deur die land om na die behoeftes van hul kliënte en leweransiers om te sien. 
 
Raw Feeds beskik ook oor al die vereiste permitte om roumateriaal by alle lande in Afrika te verkry.

Die Raw Feeds logistieke afdeling hou hul vinger op die pols van vervoer en aflewering om vir jou die beste prosedures en afleweringstariewe te beding. 
Kontaknommer:010 072 2077
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site