By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sparta Beef

Sparta Beef, 'n familiebesigheid, is een van Afrika se toonaangewende beesvleis-produsente wat gehaltebeesvleis aan beide plaaslike en buitelandse klante voorsien.

Hulle plaas net buite Marquard beskik oor gevorderde beesvoerbedryf-fasiliteite, en Sparta volg ‘n wetenskaplike benadering wat verseker dat klante altyd kan staatmaak op die hoogste gehalte beesvleis. 

Die familie bly al vir generasies lank op die plaas en dit is hulle liefde vir die grond en hulle beeste wat hulle inspireer om top gehalte beesvleis te produseer.

Sparta Beef se beesvleisproduksie-aanleg op Welkom voorsien ‘n wye reeks beesvleisprodukte aan die kleinhandel-, voedseldiens- en groothandel markte. Hulle verkoop produkte in grootmaat- en as verbruikerspakkies.

Puik kliëntediens en gesonde verhoudinge met Sparta-vennote kry voorrang in hulle besigheid.

Die voedselveiligheidspan verseker dat slegs aan die hoogste standaarde voldoen word. Die vleisprodukte gaan deur metaalverklikkers en die produksievleis gaan ook deur 'n x-straal masjien wat die veiligheid en kwaliteit van die vleis verseker.
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site