By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Virbac South Africa

Virbac South Africa in Centurion is een van Suid-Afrika se top 4 dieregesondheids-maatskappye, en ‘n lid van die wêreld se sesde grootste farmaseutiese  groep in dieregesondheid.

Virbac is verantwoordelik vir die vervaardiging, bemarking en verspreiding van ‘n wye reeks gesondheidsprodukte vir honde, katte, perde en plaasdiere soos beeste, skape, bokke en pluimvee.

Virbac is trots op sy status as ‘n  Goeie Vervaardigingspraktyk-fasiliteit en handhaaf die hoë standaarde van die Medisynebeheerraad.

Met sy fabriek in Samrand, ‘n uitgebreide bemarking- en verkoopspan en gevorderde produkte, het Virbac ‘n werksmag van 130 mense, waarvan baie reeds langer as 10 jaar in diens is.

Die maatskappy se produkte sluit in medisyne, aanvullings, vaksiene, sjampoe, en plaagdoders. 

Die Virbac Backhome mikroskyf --  ‘n permanente identiteitsmerker -- is ‘n markleier in Suid-Afrika.
Kontaknommer:012 657 6000
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site