By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Willow Creek Olive Estate

Willow Creek Olive Estate is aan die voet van die Nuy Vallei buite Worcester geleë, en word omring deur prentjiemooi uitsigte van die Langeberge. Dit word nou as een van die grootste olyfolie-produseerders in Suid-Afrika beskou en is die plaaslike produseerder van internasionaal bekroonde, hoë gehalte, ekstra suiwer olyfolie en olyfgebaseerde produkte.

Hulle verskaf ‘n besondere produkreeks aan kettingwinkels en die voedseldiens- en gasvryheidsbedryf op nasionale vlak.

Die produksie van alle Willow Creek produkte volg streng voedselveiligheid-maatreëls. Hulle is trots op die feit dat al die produkte plaaslik geproduseer word en doen baie moeite om te sorg dat die gehalte en smaak van ‘n hoë standaard bly.

Willow Creek is ook trots om nog steeds 80 mense en hulle families te kan ondersteun met werkskepping na die grootste droogte in die Weskaap in 100 jaar.

Willow Creek Olive Estate – Deur plaaslike produkte aan te koop, het almal van ons ‘n werklike en direkte impak op werkskepping in gemeenskappe, wat broodnodig is om ons land se ekonomie en vooruitgang te ondersteun.
Kontaknommer:023 342 5793
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site