By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Witkrans Sitrus Kwekery

Die Grobler familie Linda, Abri en Christiaan is reeds die derde en vierde geslagte wat op die plaas Witkrans boer. Die besigheid bestaan vandag uit sitrus, die sitrus kwekery en ook beesboerdery. Witkrans Sitrus Kwekery is gestig deur Johann-Chris en Linda Grobler in 1983. Die plaas is geleë in Boshoek, tussen Rustenburg en Sun City.

Witkrans Sitrus Kwekery is toegewyd om ‘n sterker sitrusboom aan die sitrusbedryf te lewer. Bome word gekweek onder insekvrye strukture en het ‘n buitengewone rekord dat hulle jare lank Phytophtora-vry is. Hulle produseer verkieslik ‘n steierboom wat sterk genoeg is om nie ekstra ondersteuning te benodig nie. Witkrans is gesertifiseer deur die Suid–Afrikaanse Sitrusverbeteringskema.

Bome word in 'n 4,25 liter plastieksak gekweek. Hulle is ongeveer 1,1 meter hoog en weeg gemiddeld 4,5 kg. Dit neem ‘n gemiddeld van ongeveer 16 maande om so 'n veldgereed boom te produseer.

Witkrans Sitrus Kwekery - die eienaars van die bekende Witkrans Nawel en Midnight F17 Valencia kultivars.
Kontaknommer:082 753 4392
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site