By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Commercial Repair Service Groep

Commercial Repair Service Groep, beter bekend as CRS, doen herstel-, diens- en onderhoudwerk vir groot maatskappye soos Imperial, Interwaste, EPX, Rossgro en alle ander voertuie. Hulle bied ook 24/7 pad-bystand vir alle kliënte.

Hulle is sentraal geleë in Nelspruit en roem hulself op vinnige, bekostigbare en persoonlike diens. 

CRS is ‘n plaaslike maatskappy met nasionale kliente, wat gedryf word deur familiewaardes. Aan die stuur van sake is die 2 Koekemoer broers, Dawie en Koen.

Hierdie topklas werkswinkel word bedryf met die nuutste en beste tegnologie en deeglik opgeleide vakmanne so foutopsporing en die regmaak daarvan is vinnig en akkuraat.

Commercial Repair Service Groep – elke dag net die beste diens.
Kontaknommer:013 752 6296 / 078 889 0186
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site