By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jacobs Transport

Jacobs Transport bied volledige transport oplossings wat insluit gespesialiseerde toerusting, abnormale vragte en die voorsiening van kraanvragmotors.

Vanweë die uitstekende diens wat Jacobs Transport deur die jare gelewer het, het hulle jarelange verhoudings met klante opgebou. Mettertyd en op grond van hulle kliëntevereistes, is addisionele dienste en vermoëns bygevoeg – hulle vloot het drasties uitgebrei.

Met 21 jaar se kundigheid in 'n baie gespesialiseerde veld, bied Jacobs vandag ook masjien-vervoer en tuigwerk. 

Hulle is ‘n eenstopwinkel vir abnormale vragte; hulle reël permitte en begeleiding sowel as roete-toestemmings; hulle kry grenspermitte na alle buurlande en na die res van Afrika; hulle doen die vervoer van gevaarlike chemikalieë, is gesertifiseer vir plofstof-vervoer en is boonop 'n ISO 9001-gesertifiseerde maatskappy.

Jacobs Transport streef daarna om 'n betroubare en etiese onderneming te wees wat die kliënt die doeltreffendste diens moontlik bied.

Jacobs Transport – professionele en toegewyde personeel met die nuutste toerusting.
Tipe Besigheid:Transport
Primere Besigheid:Vervoerdienste
Kontaknommer:010 200 9946
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site