By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Centurion Akademie

CENTURION AKADEMIE is ‘n geregistreerde privaat hoër onderwys instansie wat tans in sy 22ste bestaansjaar is. In dié tyd het die instansie gegroei tot vyf kampusse landwyd, waaronder Highveld Kampus en Banklaan Kampus in Centurion.

Centurion Akademie bied tans grade, diplomas, hoër sertifikate, ‘Nated’- programme, ‘FET’-programme en korporatiewe opleiding van die hoogste gehalte.

Hulle streef om leiers te wees in loopbaangerigte opleiding om studente toe te rus met die kennis en vaardighede om aan Suid-Afrika se toenemende ekonomiese en sosiale behoeftes te voldoen.

Deur middel van die holistiese ontwikkeling van kundigheid en die oordrag van kennis, vaardighede en kreatiwiteit, maak hulle seker dat studente in alle opsigte toegerus word vir die werks-omgewing.

Centurion Akademie se leuse is: “Regkry vir werkkry”, dus het hulle praktykgerigte programme ‘n praktiese komponent waar studente hulle voorgeskrewe praktiese ure in die arbeidsmark voltooi.

Centurion Akademie nooi graag voornemende studente uit om hulle Lentewerkswinkel by te woon op 6 en 7 Oktober sowel as die Opedag op 9 Oktober by die Centurion-, Klerksdorp-, Tygervalley- en Witbankkampusse. Kontak hulle gerus vir meer inligting om jou plek vir 2022 te verseker.
Kontaknommer:012 648 9700

Centurion Akademie Tygervallei

Centurion Akademie in Tygervallei, Kaapstad, is deel van ‘n landswye geregistreerde privaat onderwys instansie wat tans in sy 22ste bestaansjaar is.

Centurion Akademie se gehalte-opleiding sluit praktiese ervaring in die werksomgewing in, en sy grade, diplomas en hoër sertifikate is die sleutel tot indiensneming.

021 949 1751
tygervalley@ca2000.co.za
www.ca.ac.za
Kontaknommer:021 949 1751
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site