By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Cum Laude Wetenskapakademie

Cum Laude Wetenskapakademie (CLWA) bied hulp aan gr. 10-12 leerders in die vak Fisiese Wetenskap. Ons fokus primêr daarop om ambisieuse toekomstige universiteitstudente met die nodige vakkennis en vaardighede,wat tydens verdere opleiding vereis mag word, toe te rus. 

Leerders wat ‘n onderskeiding najaag,of wat ‘n sekere minimumvereiste vir toelating of keuring tot ‘n sekere kursuswil behaal, hetsy dit ‘n A-, B-of selfs ‘n A+-simbool is, is ideale kandidate vir CLWA.

CLWA funksioneer soos ‘n pivaat aanlynskool waar die leerinhoud deeglik verduideliken vakvaardighede ontwikkel word,om sodoende ‘n stewige fondasie vir wetenskaplike denke, insigontwikkeling en eksamenvoorbereidingte skep. Geen “cramming” word gedoen nie,aangesien dit geensins positief tot universiteitsvoorbereiding bydra nie.  

Leerders woon twee lesse per week aanlyn by(gr. 12’s woon drielesse by)en ontvang ook huiswerk en studiewerk vir inoefening. Deeglike kontrole vind tydens lestyd plaas deur van aanlynplatforms gebruik te maak om interaksie te bewerkstellig. Leerders se webkameras word tydens lestyd aangeskakel om sodoende beter interaksie te verseker. Daar word ook gereelde assesserings afgelê om leerders se vordering te monitor.
Kontaknommer:WhatsApp: 072 404 1945
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site