By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoër Landbouskool Marlow

Hoër Landbouskool Marlow buite Cradock is ‘n waarde-gedrewe skool wat jong boere van die toekoms al sedert 1931 oplei en voorberei vir die vele uitdagings in die landboubedryf.

As jy die naam ‘Marlow’ omdraai staan daar ‘Wolram’ en van daar kom die seuns se bynaam en hulle is baie trots daarop om as ‘Wolramme’ bekend te staan. Marlow bied normale akademiese vakke en rigting, maar spesialiseer natuurlik in Landbou.

Hier ontwikkel seuns ‘n gesonde selfbeeld – gereed vir die uitdagings wat die lewe bied. Met sterk klem op waardes, tradisie en sport en met dissipline as hoeksteen, slyp Marlow jongmanne wat omgee vir hulle skool, mekaar en die natuur. 

Hoër Landbouskool Marlow – die klein leerdergetal verseker persoonlike aandag vir alle leerders.
Kontaknommer:048 881 3121
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site