By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Professional Cooking Academy

The Professional Cooking Academy in Rustenburg, is 'n opleidingsverskaffer vir mense wat hulself wil voorberei op opwindende werksgeleenthede in die gasvryheidsbedryf. Dit het 'n dinamiese benadering tot opleiding - met 'n kombinasie van direkte, praktiese klasse wat ondersteun word deur gesonde teoretiese inhoud.

Hulle het die akkreditasieproses met City & Guilds suksesvol voltooi. Hierdeur kan studente die internasionale City and Guilds-eksamen aflê vir die sertifikaat en die diploma in voedselproduksie en kookkuns. Dit is heeltemal opsioneel, maar word aanbeveel. Kort kursusse word ook aangebied.

Klasse word aangebied in moderne fasiliteite, wat insluit klaskamers, rekenaar-ateljees, 'n goed toegeruste kombuis en ander spesifieke opleidingsfasiliteite. 

Dosente is kundiges in die bedryf wat beide teoretiese agtergrond en kwalifikasie het, asook ervaring in die bedryf.

The Professional Cooking Academy is lid van die South African Chefs Association en is ook QCTO, Highfield International, en “SA-Chef educators forum” geakkrediteerd.

The Professional Cooking Academy – Is kos jou passie? - Skryf dan in vir een van hulle kursusse.
Kontaknommer:071 214 3557
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site