By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Alabaster Box B&B

Alabaster Box B&B in Langebaan, lewer al sedert 2014 topklas Bed & Ontbyt verblyf met daai tipiese vriendelike weskus-gasvryheid waarvoor gaste keer op keer terugkom.

Elkeen van die moderne kamers het 'n en-suite-badkamer, 'n yskas met verversings, warm drankies, WiFi en TV. Jy kan wakker word in 'n rustige Langebaan atmosfeer en heerlik weglê in hulle vyfster ontbytbuffet.

Alabaster spog ook met ‘n pragtige swembad en heerlike balkonne vir sonbaai. Skemeraande in die boonste sitkamer bied 'n asemrowende uitsig oor die sonsondergange en die strandmeer. Jy kan hier braai en jouself net geniet.

Langebaan bied iets vir almal om te doen. 'n Dag op die strand met ‘kitesurfing’ is altyd 'n treffer. Daar’s ook spesiale bootritte vir gaste wat langer kan bly, visvang, kajak en baie ander wateraktiwiteite. Langebaan se verskeidenheid puik restaurante is ook welbekend.

En die plek om te bly is Alabaster Box B&B – Hier is jy altyd welkom om jou tuis te maak.
Adres:Langebaan
Kontaknommer:066 244 1308
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site